William John Burchell

William John Burchell
William John Burchell
Litografie deur Thomas Herbert Maguire (1854)
Gebore23 Julie 1781
Sterf3 Maart 1863
Fulham, Londen, Verenigde Koninkryk
NasionaliteitVerenigde Koninkryk
BeroepOntdekkingsreisiger, natuurkundige, botanikus, kunstenaar en skrywer
Bekend virTravels in the Interior of Southern Africa, twee boekdele (1822 en 1824)

William John Burchell (* 23 Julie 1781, † 3 Maart 1863 in Fulham, Londen) was 'n Engelse ontdekkingsreisiger, natuurkundige, botanikus, kunstenaar en skrywer. Hy word by die belangrikste natuurkundiges gereken wat ekspedisies op die vasteland van Afrika onderneem het, waaronder 'n botaniese en dierkundige reis na die binneland van Suid-Afrika tussen 1810 en 1815. Sy ervarings en vakkennis van land en natuur het 'n beslissende rol by die beplanning van die eerste Britse volksplanting in die Oos-Kaap, die 1820-Setlaars, gespeel.

Burchell se amptelike botaniese outeursafkorting is Burch.


Developed by StudentB